Monday, February 20, 2012

Day 594 - Huppel, huppel, hop!


Hoe vertaal 'n mens nou huppel, huppel, hop in Engels? Dit was my dilemma vanoggend en net daar besluit ek - vandag skryf ek hierdie bloggie van my in my moedertaal. Ek weet nie hoe spel-check 'n mens nou Afrikaans nie, maar hier gaat ek elk geval!

Gisteraand was vir my baie spesiaal. Ek het myself in 'n klein kerkie langs die Blouberg se strand bevind, 'n plekkie en sy mense wat besig is om baie diep onder my vel in te klim. En daar sing ons toe uit volle bors ons huppel, huppel, hop liedjie, in aanbidding. Hande in die lug, uit volle bors en ek voel hoe die Here met ons praat! Ek veronderstel dat vir 'n Engelsman om te verstaan kan jy maar se ons het gesing oor hoe jy kan 'hop, skip and jump' for the Lord!

In 'n gemeente wat ek nou maar so stadigaan leer ken, het ek gisteraand twee baie definitiewe gevoelens beleef. En nogal diep beleef. Daar's baie swaar, en baie pyn by van die mense wat so om ons bly. Geliefdes wat veels te gou weggeneem is, siektes wat mense laat platval, finansies wat bollemakiesie.

En daar staan ons. Soos een man, sing ons ons huppel, huppel, hop liedjie.

Ek kan rerig nie onhou wanner laas ek so uit volle bors gesing het nie. Die ding wat my gevang het was dat ten spyte van als wat in 'n mens se lewe kan verkeerd gaan - as jy kan bly glo en lofsing uit jou hart uit, moet jy bly staan. Kan jy nie platval nie.

Dis so 'n amazing ding om te besef, dat ek nie anders kan as om sommer in Afrikaans te begin skryf op 'n blog waar 99% van die wat so nou en dan hier kuier hoog Engels is nie!

My kop is deesdae gevul met Camino dinge. Watter skoene om te koop, gaan my rugsak groot genoeg wees, wat op aarde gaan ek maak as 'n grys haartjie of twee na die derde week op die pad sy verkyning maak, (glo my, as ek by 'n haarkapper moet stop sal geen siel ooit daarvan te hore kom nie!) ens., ens, die lys gaan aan!! Hulle se mos jy moet al jou bederfgoed en luukshede by die huis los, dis dan nou die hele idee - so ek werk maar aan my kop op die oomblik. Ek kan nie se dat die idee van met harde voetsole begin stap vir my aanloklik klink nie. Ek het nie 'n clue hoe op aarde ek dit gaan regkry nie - om jare se pedi's net so uit die venster te gooi en te begin kaalvoet loop om die sole bietjie meer dikvellig te maak gaan maar sukkel!

So gisteraand se huppel, huppel liedjie het my net weer herinner - al hierdie ander goed maak nie rerig so vreeslik saak nie. My fokus behoort eerstens te wees op die feit dat ek hierdie fantastiese geleentheid op hierdie spesifieke tyd in my lewe het. Om vir 'n hele maand elke liewe dag met als wat ek fisies nodig het, op my rug te loop. En net tyd met my Skepper te kan deurbring.

Wow. Praat van huppel, huppel, hop.

Partykeer wonder ek hoe dit is dat ek so geseend is.

Die Here praat deesdae 'n taal met my wat so 'spot-on' is. Jammer, ek kan dit nie beter in Afrikaans se nie!

Vanoggend stap ek op die strand hier by ons en hierdie klip le op my pad in die sand.


Wou ek nou huppel toe ek dit sien! Ek het so twee weke terug begin om elke keer as ek stap, 'n klippie op te tel. Die gaan dan in 'n glas pot, bewys aan myself dat ek my camino voorbereiding ernstig opneem. Elke klip verteenwoordig tyd op die pad in voorbereiding vir die 20 plus kilos wat ek vir meer as 'n maand elke dag gaan stap in Spanje.

Die glas is amper vol, en daar's nog 'n hele paar weke oor. Ek gaan maar 'n mandjie of 'n ding moet koop want my klippe raak al hoe groter en die boodskappe al hoe duideliker!

So ek noem nou maar vandag se klip my huppel-klip en as hy nie so groot was nie het ek hom saam gedra na daai kruis in Spanje waar jy jou klippie moet gaan neerle!



7 comments:

  1. Liewe Emilene, jou entoesiasme is vanoggend aansteeklik! Die oorgawe waarmee jy die Here dien en die stap beplan is wonderlik om te aanskou. Liefde, Sonja

    ReplyDelete
  2. Liewe Sonja!! Jy weet jy gaan saam met my in gees - al 780 kilos! Hierdie camino ondervinding van my is so gevul met blessings, voor ek nog 'n voet in Spanje gesit het, en jy my vriendin, is nommer een van daai blessings! xx

    ReplyDelete
  3. YEah Google translate...only one I could find to do Afrikaans into sort of English!! :-) Lovely post...from the heart! Funny, even before reading this, out on a mountain top this past weekend...I too thought of collecting a small stone on each hike, as a memory. I too brought home a heart stone from a hike. Only mine weighed in at 5 lbs!! Thank God it was only an 6 mile hike!

    You said 20 kilos for you pack??? Umm a tad heavy dontchya think? I think I had less than 9. Have to check that. So excited for my friend. Keep posting!!

    ReplyDelete
  4. Karin! That makes me smile - continents away you are doing exactly the same thing - wow! The 20 kilos that you read about was actually the 20 plus kilometers that we will be walking per day. Trust me, I always pack MUCH more than what I need but this is one trip where that is not going to happen!!

    (You've got to love Google Translate!) :)

    ReplyDelete
  5. I love the heart stone! I found a heart stone during a walk on the beach last year in Alaska...it is in my bedroom now as a symbol of my love of that beautiful state in need of Jesus' love!

    ReplyDelete
  6. Hi Emilene, ek het hierdie gedeelte van die klippie vreeslik baie geniet! En om so voor te berei vir die Camino is wonderlik! Ek en my vriendin Liedie gaan ook weer die jaar "Camino"!!! Ons het in 2007 dit gedoen en so Camino "blues" gekry , sodat ons besluit het die jaar is 'n goeie jaar om weer te gaan! Ons vertrek die 1e Aug en sal 2 Sept terug wees. Maar die voorbereiding is soo deel van die hele Camino en dit maak mens so opgewonde! As jy wou kan jy ons blogs lees van ons vorige Camino: www.getjealous.com/camino en www.getjealous.com/lcoetzee. Ons het die vorige keer die Franse roete gevolg en beplan die jaar die Camino Norte. Maar ons gaan net gaan waar ons voete ons heen lei! Voorspeod met al die voorbereidings en ons hou jou blog dop! Groete- Ria

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Ria!! Ai is dit nou nie jammer dat ons mekaar gaan mis nie! Dankie vir jou positiewe boodskappie - lyk my ek gaan hom nou ook ten minste een keer per jaar moet probeer stap!! Seenwense vir jou en Liedie - ek gaan nou by julle blogs inloer!

      Delete

Thank you so much for taking the time to leave a comment, I welcome your input!